Wietske Boon
B.Socsci (Hons) Sielkunde UP.
MDIAC (Spelterapie) Unisa.

Spesialiseer in die volgende aspekte ten opsigte van kinders en adolessente:

Gedragsprobleme.

Trauma en rouproses.

Die effek op kinders ten opsigte van die egskeiding van ouers.

Ouerskapbeplanning na 'n egskeiding.

Mediese toestande wat die kliënt beïnvloed, hetsy die kind se eie siekte of die siekte van 'n gesinslid.

Spanning, angs en depressie.

Aanpassing by omgewings en situasionele veranderinge.

Kindermishandeling.

Emosionele assessering.

Ouerleiding.

 

Onlangse publikasie: Sibbe van kinders met kanker se belewenis in die gesinsdinamika na behandeling.

Die probleem wat aanleiding gegee het tot hierdie studie was dat die sibbe van kinders met kanker hulle gesinsverhoudings anders mag ervaar na afloop van die kankerbehandeling. Die doel was om sibbe van kinders met kanker se belewenis in die gesinsdinamika ná behandeling te verken en te beskryf.

Die navorsingsmetodologie sluit kwalitatiewe navorsing in met ‘n verkennende en beskrywende aard. Data is ingesamel deur ongestruktureerde onderhoude te voer met die sibbe van kinders wat vir kanker behandel is. Uit die data is agt kategorieë gevorm waarvolgens aanbevelings gemaak is vir die ouers van hierdie sibbe. Alhoewel die data nie aanduidend is dat sibbe die gesinsdinamika ná behandeling as problematies ervaar nie, soos in die probleemformulering geantisipeer, dra die inligting tóg by tot die ondersteuning van sibbe van kinders wat vir kanker behandel is deurdat ouers bewus gemaak kan word van hulle emosies en behoeftes.