Indeks van artikels op hierdie bladsy

Hoe om jou kind voor te berei vir Spelterapie/How to prepare your child for Play Therapy
Wanneer mamma en pappa gaan skei
Maak jy ’n behaagslaaf groot?
Moed vir die werkplek
My kind steel!
Leer uit ander se foute
Mamma, ek's hartseer
Leer jou kind verantwoordelikheid
Maak 'n hoopvolle kind groot
Exploring emotions through play
Motiveer hom positief
Jou kinders verskil. Hoe nou?
Breek of bou jy?
'Hy wil net TV kyk!'
Help, die trop BEHEER my kind!
Die kind in die terapeutiese speelkamer
Dissipline
Prestasie-Angs
Grense
Motivering
Afknouerigheid
Depressie
Ondersteuning vir kinders wat hul sibbe grootmaak
Sibbe konflik
Adolessensie

_______________________________________________________

Untitled Document

Hoe om jou kind voor te berei vir Spelterapie/How to prepare your child for Play Therapy
Wietske Boon

Spelterapie kan deur die ouer soos volg aan ‘n kind verduidelik word/Play Therapy can be explained by the parent to a child in the following way:

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Wanneer mamma en pappa gaan skei
Wietske Boon

Daar is verskeie redes waarom gesinne opbreek. Ongeag die rede vir die egskeiding, is dit traumaties vir die kinders.  Alles wat vir hulle bekend was gaan verander.  Die gesin wat eens gelukkig was en uitstappies saam geniet het, is nou gebroke.  In plaas van een huis soos tevore, moet die kind moontlik nou tussen twee huise rondtrek om tyd saam met albei ouers te kan deurbring.  As die kind by die een ouers is, verlang hy na die ander ouer en andersom. Alhoewel trauma onafwendbaar is wanneer ouers skei, kan die trauma wel in ‘n mate beperk word wanneer die situasie reg hanteer word.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Maak jy ’n behaagslaaf groot?
Lig Maart 2012

Behaagslawe kan nie “nee” sê nie, is altyd bekommerd oor wat ander mense sal dink en wil net altyd almal tevrede stel. Hulle doen selde iets vir hulleself, verswyg hulle opinies en hou hulle gedag­tes vir hulleself uit vrees dat iemand met hulle sal verskil ofontsteld sal wees oor hulle sienswyse. Hierdie soort gedrag word dikwels versterk deur die leiding van goed bedoelende ouers wat hulle kinders leer om almal tot elke prys gelukkig te hou. 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Moed vir die werkplek
Lig Des2011/Jan2012

Help jou kind om doelwitte te stel. 

Kinders kan reeds op ‘n vroeë ouderdom leer beplan en doelwitte stel. Behalwe dat dit hulle motiveer, kweek dit ook die selfdissipline wat nodig is om take suksesvol af te handel.  As kinders kan sien dat hulle die doel wat hulle vir hulleself gestel het – hoe klein ook al – bereik het, gee dit hulle selfvertroue en leer hulle dat daar sin is in die take wat hulle aanpak.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

My kind steel!
Lig Oktober 2011

Om jou kind met iets te betrap wat hy gesteel het, is vir ’n ouer ’n reuseskok en -teleurstelling. Dit is egter presies dié oomblik wat ’n deurbraak kan wees om jou kind te help.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Leer uit ander se foute

Om ‘n ouer te wees verg deursettingvermoë en harde werk.  In die proses leer ouers wat hul kinders gelukkig maak, wat hulle motiveer en watter ouerskapstyl die beste werk.  Foute is egter onvermydelik.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Mamma, ek's hartseer
Vrouekeur 1 April 2011

Verlies en hartseer is deel van die lewe, maar jy kan jou kind help om op ‘n gesonde manier te rou, skryf Luisa van der Linde

Enige mens wil die beste vir sy kinders hê en hulle ook van pyn en hartseer vrywaar, maar dis ongelukkig nie moontlik nie. Hoe gemaak as jou kind deur ‘n rouproses gaan?

Kinders rou wanneer daar iets groots in hul lewe gebeur, soos die egskeiding van hul ouers, wanneer hulle verhuis of wanneer ‘n troeteldiere of geliefde doodgaan.

Soms is dit nodig dat jy saam met jou kind verlies verwerk en afskeid neem. Op hierdie manier kan jy hom help om ‘n meer realistiese siening van die wêreld te ontwikkel en hom weerbaar teen terugslae maak.

Professionele hulp of spelterapie word sterk aanbeveel vir kinders wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het.
 
Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Leer jou kind verantwoordelikheid
Wietske Boon

Verantwoordelikheid is al klaar ‘n uitgerekte lang woord op papier.  Die betekenis van die woord weeg nóg swaarder.  Tog moet ouers hulle kinders van kleinsaf verantwoordelikheid leer, anders kan jou kind se lewe later in chaos verval.

Verantwoordelikhede is verwagtings wat aan ons gestel word.  Dít wat God van ons verwag, is om ons verantwoordelikheid uit te voer.  Dít wat ‘n ouer van ‘n kind verwag, is die kind se verantwoordelikheid om sy take uit te voer.  Wanneer jy van jou kind verwag om sy kamer netjies te maak, is dit tog sy verantwoordelikheid om dit te doen. 
 
Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Maak 'n hoopvolle kind groot
Wietske Boon

Ons kinders word nie in kokonne groot nie.  Hulle leef in ons huise, hoor ons praat van geweld, beleefs soms self geweld.  Hulle toekoms ten opsigte van werksgeleenthede is baie onseker, sosiale druk is hoog en huislike omstandighede is dalk nie na wense nie.  Hoe leer ’n mens jou kind van hoop?  Van die wáre hoop in die Here?
 
Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Exploring emotions through play
Mamas & Papas June 2010

First introduced in the 1920s and 1930s, play therapy provides a non-threatening environment in which children from as young as three years to 18 years of age are encouraged to share and deal with their emotions. It is also often used as a method of assessment and has proven particularly successful in children with special needs.

Play therapy “is a way of counselling children and adolescents [where] the therapist mostly makes use of games, toys and other mediums such as clay, drawings and paintings to help the child or adolescent share and deal with emotions in a non-threatening environment,” explains Wietske Boon, a qualified play therapist.

In addition, play therapy is a tool often used for emotional assessment, and the therapist will observe how the child or adolescent plays in order to determine the possible causes for disturbing or non-typical behaviour. Boon elaborates: “The objects of play and the patterns of play, as well as the willingness to make contact with the therapist, [are] used to understand the underlying rationale for behaviour both inside and outside the session.”

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Motiveer hom positief
Vrouekeur 30 Oktober 2009

Jy laai jou dogter by die skool op. Die motor se deur is skaars toegeklap of sy begin jou vertel van haar baie huiswerk, die eksamen wat voorlê, die netbalproewe, die taak waarvoor jy nog moet help inligting soek, die omsendbrief oor die entrepreneursdag en die toespraak wat voor die einde van die week uitgewerk moet wees. Intussen moet jy en jou man lang ure werk om die pot aan die kook te hou.

Die druk waaraan almal, kinders inkluis, in die moderne samelewing blootgestel is, maak dit moeilike om perspektief te behou en mekaar positief te motiveer.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Jou kinders verskil. Hoe nou?
Vrouekeur 18 September 2009

Jou kinders verskil soos dag en nag en reageer uiteenlopend op dissipline. Moet daar dan twee stelle reëls wees?

“My oudste kan nie ‘n pak slae kry nie. Hy vat dit vreeslik persoonlik en huil ure ná die tyd nog. Hy voel tot in sy siel verontreg. My jongste vergeet ‘n pak slae binne sekondes. Hy kom sit op my skoot en soen my dadelik,” vertel een ma. 

As twee sibbe só verskil, mag jy hulle dan maar verskillend hanteer?

Die Gautengse kliniese sielkundige, Mari-Luisa van Zyl, sê kinders word met verskillende persoonlikhede gebore en vra daarom verskillende maniere van grootmaak van jou.
 
Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Breek of bou jy?
Vrouekeur (12 Maart 2010)

Die manier hoe jy jou kind motiveer of dissiplineer, kan die verskil tussen sukses en mislukking vir hom beteken.

Daar is nog ‘n hele paar maande oor voor die skooljaar tot ‘n einde kom en daar is reeds elke middag ‘n oorlog in die kleine oor huiswerk wat gedoen moet word.

Jy wil nie straf en skree, karring of kla nie, maar gaan hy ooit besef hoe belangrik dit is om van jongs af verantwoordelik te wees?

Wanneer moet jy dissiplineer en hoe kan jy hom motiveer sonder om sy moed te breek?
 
Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

'Hy wil net TV kyk!'
Vrouekeur (30 April 2010)

As jou kind permanent grootoog voor die kassie sit, is optrede noodsaaklik

Dit het so onskuldig begin: Jy het gou vir Sussie voor die TV gesit toe Barney op was sodat jy ‘n bondel wasgoed kon ingooi en later weer en weer... Nou huil sy elke keer as die I love you-liedjie, wat die einde van die program aandui, begin speel.
Jy het dalk vir kleinboet voor die TV neergesit sodat jy sy ouer sussie met huiswerk kon help en nou wil hy glad nie meer buite speel nie.
 
Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Help, die trop BEHEER my kind!
Vrouekeur (19 November 2010)

Kenners sê jy kan jou kind van jongs af toerus om teen groepsdruk op te staan, skryf Luisa van der Linde

Vra enige ma met ‘n kleuter en sy sal waarskynlik weet wie Teletubbies, Barney en Barbie Mariposa is. ‘n Ma met tieners in die huis, sal weer presies weet dat Justin Bieber, Selina Gomez en Jaden Smith nie in die tennisspan is nie, maar skatryk jong sterre is.

Al wil jy nie noodwendig jou kinders aan wilde tienerakteurs, slegte gewoontes en parmantige gedrag blootstel nie, kan jy ongelukkig nie keer dat hulle van kleins af deur hul maats beïnvloed word nie.

“Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral sy maats, om hom of haar iets te laat doen wat hulle nie noodwendig self sal doen nie. Soms is die groepsdruk baie subtiel sodat ‘n kind nie eers werklik daarvan bewus is nie,” meen Wietske Boon, ‘n Gautengse spelterapeut.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Die kind in die terapeutiese speelkamer
Wietske Boon

Wanneer ouers ‘n kind na ‘n spelterapeut neem, is dit omdat die ouer/s of versorger/s bekommerd is ten opsigte van die kind se gedrag en/of emosionele welsyn. Die gedrag kan die oorsaak wees van ‘n spesifieke traumatiese gebeurtenis, maar in sommige gevalle weet die ouers nie wat die oorsaak is van hul kind se kommerwekkende optrede nie.

Die speelkamer

Binne die speelkamer kry die kind die geleentheid om waarlik homself te wees deurdat hy onvoorwaardelik aanvaar word deur die terapeut.

Straf, verwyte en kritiek is nie deel van enige terapeutiese prosesse nie. Die speelkamer is anders as die samelewing waar kinders leer deur korrigering en gestraf word wanneer hulle gedrag nie na wense is nie. Dít maak die speelkamer veilig en uniek vir die kind.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Dissipline
Wietske Boon

Dissipline is die straf of gevolge vir verkeerde of negatiewe gedrag.  Wanneer ‘n kind gedissiplineer word is dit belangrik dat hy/sy verstaan waarom die straf toegedien word. Dissiplinering is nie noodwendig fisiese straf nie, maar vir die skoolgaande kind kan dissipline byvoorbeeld die vermindering van ontspanningstyd beteken.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Prestasie-Angs
Wietske Boon

Prestasie-angs is ‘n ernstige vrees om onsuksesvol te wees en ander mense se reaksie op die onsuksesvolheid.  Prestasie-angs word veroorsaak deur akademiese of sosiale geleenthede en/of situasies waar daar van die kind verwag word om te presteer.  Hierdie situasies kan byvoorbeeld voorkom wanneer daar van die kind verwag word om ‘n taak binne ‘n gegewe tyd, baie suksesvol te voltooi en/of situasies waarin die kind nie die nodige selfvertroue besit om dit te doen nie.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Grense
Wietske Boon

Alle kinders het grense nodig om bewus te wees van watter gedrag aanvaarbaar en onaanvaarbaar is. 

Deur grense leer kinders:

  • Om te onderskei tussen reg en verkeerd.
     
  • Wat gepaste en onvanpaste gedrag is.
     
  • Watter gedrag deur die samelewing aanvaar word.

Grense behoort reeds gestel te word wanneer die kind nog ‘n baba is.  Wanneer kinders blootgestel word aan grense op ‘n baie jong ouderdom raak hulle gewoond daaraan dat grense vir hulle gestel word. 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Motivering
Wietske Boon

Motivering help kinders om harder te werk om hul doelwitte te bereik.  Positiewe motivering kan beskryf word as enige gedrag wat kinders rede gee om hulle volle potensiaal te bereik.  Positiewe motivering kan verbale bemoediging of belonings insluit.  Motivering kan kinders help om beter te presteer en hul beste te gee.  Gesonde motivering ontvang van ouers en onderwysers kan kinders aanspoor selfs tot in jong volwassenheid in terme van loopbaan keuses en om ‘n sukses van hulle beroepe te maak. 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Afknouerigheid
Wietske Boon

Afknouerigheid is enige verbale of reaksionêre gedrag wat aggressief van aard is en wat aan ‘n ander persoon skade veroorsaak.

Afknouerige gedrag is die gevolg van aggressie en/of oneffektiewe hantering van emosies.  Afknouerigheid kan ook veroorsaak word deur die nabootsing van gedrag van invloedryke persone byvoorbeeld aggressiewe ouers, sibbe, vriende of filmsterre.  Kinders leer deur ander se aksies te observeer en na te boots. 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Depressie
Wietske Boon

Eerstens is dit nodig om te onderskei tussen depressie en hartseer emosies.  Hartseer is kort-termyn emosies vir negatiewe of hartseer gebeure.  Depressie is langdurige emosies en denke van hartseer, hulpeloosheid en negatiwiteit teenoor hom/haarself en die omgewing sonder dat daar noodwendig ‘n rede voor is.

Depressie word veroorsaak deur ‘n wanbalans van die hormoon serotonien wat in die brein vrygestel word.  Hierdie kondisie is iets wat die kind nie kan beheer of verander nie. 

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Ondersteuning vir kinders wat hul sibbe grootmaak
Wietske Boon

Een van die reëls van die natuur is dat volwassenes na kinders moet omsien.  In sommige huise in dit nie moontlik vir ‘n volwasse persoon of ouer om die kinders groot te maak nie.  Sommige ouers werk ver van die huis aangesien dit die enigste geleentheid vir hulle is om ‘n inkomste te verdien.  As gevolg van HIV/VIGS word baie kinders agter gelaat nadat een of albei ouers as gevolg van die virus gesterf het.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Sibbe konflik
Wietske Boon

Konflik tussen sibbe is ‘n normale en onafwendbare verskynsel in elke gesin.  Miskien voel jy as ouers dat dit net jou kinders is wat baklei, maar dit kom voor in die beste gesinne.  Sibbe leer om konflik situasies te hanteer deur middel van sibbe konflik. Hulle leer om hulself te verdedig en om standpunt in te neem.  Hulle kry ook die geleentheid om konflik binne ‘n veilige omgewing te hanteer.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................

Adolessensie
Wietske Boon

Kinders bereik puberteit teen ongeveer twaalfjarige ouderdom.  Gedurende hierdie fase ondergaan die kind baie emosionele en fisiese veranderinge wat hy/sy nie verstaan nie.

Lees meer>>

Na bo

...........................................................................................................................................