Hierdie vorm dien as 'n vertrekpunt vir die assessering van die kind. Staan ons asseblief by deur die volgende inligting ten opsigte van u kind te voorsien. Hierdie vraelys moet asseblief deur ouers of versorgers voltooi word. INSTRUKSIES 1. Verskaf asseblief soveel inligting as moontlik. Blokkies wat nie op u kind betrekking het nie, kan oopgelaat word. Neem asseblief kennis dat die inligting streng vertroulik hanteer sal word. Die inligting sal slegs deur Wietske Boon gebruik word. Dit sal onder geen omstandighede direk of indirek aan 'n derde party bekend gemaak word sonder die geskrewe toestemming van die ouers of versorgers van die kind nie. Hierdie inligting word nie om die internet gestoor nie. |
||||


