Emosionele Bewustheid – ‘n Werkswinkel vir graad R
Jou kind begin volgende jaar ‘n nuwe fase van sy/haar lewe. Hierdie nuwe fase gaan gepaard met nuwe inligting, nuwe maats, opwinding, spanning en onsekerhede. Nou is die beste tyd om jou kind emosioneel voor te berei in terme van die bewustheid van sy/haar emosies en die effektiewe hantering daarvan. Tydens die program “Emosionele Bewustheid – ‘n Werkswinkel vir Graad R” word op al die bogenoemde aspekte gefokus en nog meer. Die werkswinkel duur twee ure (9 vm tot 11 vm) vir drie agtereenvolgende Saterdae. Die koste beloop in totaal R500 per kind en word by die Gereformeerde Kerk Centurion aangebied. Dit sluit die werksboek, skryfbehoeftes en verversings in. ‘n Maksimum van agt kinders kan die werkswinkel op ‘n slag bywoon. Indien u belangstel dat u kind hierdie werkswinkel bywoon, is u welkom om my te kontak. Daarna sal ek die volledige inligting vir u per epos stuur.
|
||||



